# Die Poolse weermag sê hy het hommeltuie afgeskiet wat sy lugruim geskend het tydens ‘n Russiese aanval op Oekraïne. Dit is die eerste keer dat die land regstreeks met Russiese teenwoordigheid in sy lugruim te doen het sedert die Oekraïnse oorlog in 2022 begin het. Moskou het vroeër die week sy grootste lugaanval ooit […]
# Die Vryheidsfront Plus sê die voortdurende rekeninge-krisis in die Stad Johannesburg beklemtoon die ANC en sy koalisievennote se finansiële wanbestuur van die metro. Die party sê hulle word oorval met klagtes van inwoners wat gedreig word met diensonderbrekings, al is hul rekeninge ten volle betaal. Ander kla oor onverklaarbare maandelikse rekeningverhogings. VF Plus se […]
# Action Society sê die voortdurende uitstel van hofsake weens gebrekkige forensiese, ondersoek-, en vervolgingsvermoë is kommerwekkend. In een geval is Joshlin Marthinus in die Wes-Kaap na bewering deur haar kêrel vermoor. Die saak het op 27 Augustus in Atlantis se Streekhof voorgekom, maar is tot 11 September uitgestel vir ‘n voorverhoorkonferensie. Action Society se […]
# Die Stad Tshwane sê die Tshwane Beleggingsberaad sal die metro se ekonomiese potensiaal ontsluit. Die beraad word vandag met die tema Tshwane Rising aangebied. Die metro mik na die verkryging van vyf-miljard-rand se beleggings by die mylpaalgeleentheid. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning, Sarah Mabotsa, sê die fokus van die beraad is […]
# Die Realness Institute, in vennootskap met The StoryBoard Collective en die Canada Media Fund, het die vier Afrika-deelnemers vir die 2025 AuthenticA Series Lab aangekondig. Hulle is Ghana se storieverteller Gamel Apalayine, Nigeries-Britse digter en filmmaker, Joladé Olusanya, bekroonde Keniaanse draaiboekskrywer, Mona Ombogo, en bekroonde Egipties-Kanadese filmmaker, Reem Morsi. Die program gee draaiboekskrywers ‘n […]
# ʼn Gesinsdrama in Mamelodi-Oos het gisteraand tragies geëindig toe ʼn polisiekonstabel eers sy tienerneef en toe homself doodgeskiet het. Die 32-jarige Thapelo Mashego het sy 69-jarige ma en neef 16 uur lank gyselaar gehou in ʼn vermeende familietwis. Polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê gyselaarbemiddelaars kon die konstabel gisteraand 11 uur oorreed om sy ma vry te […]
# Die Stad Tshwane sê talle inwoners het met die stad in verbinding getree en beweer dat handelaars wat voorheen by die Marabastad-kleinhandelmark verwyder is, toestemming het om handel te dryf. Hulle sê die bewerings is heeltemal vals en ondermyn wetstoepassing. Die Burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning, Sarah Mabotsa, sê toestemming om handel […]