# Die Wes-Kaapse LUR vir Mobiliteit, Isaac Sileku, het die Minibus-taxi Uitvoerende Leierskapsprogram by die Universiteit Kaapstad se Nagraadse Sakeskool bekendgestel. Die sesmaande program is gemik op die ontwikkeling van etiese, vernuwende en toekomsgerigte leiers vir die taxibedryf deur akademiese studies met gemeenskapsprojekte te kombineer. Die program fokus op selfontwikkeling, samewerking en vernuwing, wat deelnemers […]
# Die GOOD-party sê hulle gaan nie die naweek aan die Johannesburg Pride sal deelneem nie. Die party sê die groeiende verdeeldheid binne die LGBTQIA+-gemeenskap rondom die geleentheid het ‘n breër en diep kommerwekkende tendens uitgelig, een wat Pride-optogte in verskeie groot metropolitaanse gebiede, insluitend Kaapstad en Tshwane, beïnvloed het. Keagen Gertse van GOOD sê […]
# Die DA sê die Nasionale Krugerwildtuin se globale handelsmerk is die grondslag van Suid-Afrika se florerende ekotoerisme-ekonomie. Die party sê die poging om die naam te verander, wat deur die EFF geopper en deur die MK-party en die ANC in Mpumalanga se wetgewer ondersteun is, was niks meer as ‘n leë vertoningsgebaar nie. Andrew […]
# Die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele, sê nasionale kommissaris Fannie Masemola en KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi is nie die kans gegun om besware in te dien voor die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde nie. Cele het bewerings dat Masemola politieke inmenging toegelaat het, verwerp en hom beskryf as eerbiedig, maar te […]
# Die meeste aandelemarkte het vandag versterk nadat die Withuis bevestig het die Amerikaanse president, Donald Trump, gaan volgende week met sy Chinese ampsgenoot, Xi Jinping, vergader – ‘n aanduiding dat handelspanning kan afneem. Oliepryse het die afgelope twee dae gestyg nadat Washington sanksies teen twee Russiese ru-oliereuse ingestel het in ‘n poging om die […]
# Die Veiligheidsreguleerder van die Spoorweë het nege-duisend-200 veiligheidsverwante voorvalle in sy 2024/25-verslag aangeteken, ‘n afname van 7,2-persent teenoor verlede jaar. Sterftes het tot 81 gedaal, die laagste in vyf jaar, maar beserings het tot 336 gestyg, die hoogste vir dieselfde tydperk. Die reguleerder sê operasionele voorvalle, wat met byna elf-persent gestyg het, is veroorsaak […]
# ‘n Durbanse fotograaf Chris Clark het wêreldwye aandag getrek na sy foto van twee seilbote wat reusegolwe trotseer, as een van die top 120 finaliste in die gesogte Pantaenius-Seiljagwedvaart fotokompetisie gekies is. Clark, ‘n inwoner van Hillcrest en lid van die Hillcrest-kameraklub, het die foto tydens die Marriott Mirror Worlds-regatta in April geneem. Hy […]
# ActionSA sê daar is ‘n ontstellende patroon van samewerking tussen korrupte mense in die strukture van beide die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Johannesburg Metropolitaanse Polisiedepartement. Bewyse voor die Parlementêre ad hoc-komitee wys op ‘n beampte van die metropolisie wat ‘n sakeman wat van moord beskuldig is, help om staatstelsels te misbruik. Zwelithini Mtshali van […]