# Die Nasionale Skuilingsbeweging van Suid-Afrika sal die vyfde Wêreldkonferensie van Vroueskuilingsbewegings in Sydney vanaf 15 tot 18 September bywoon. Die beweging sal Suid-Arika se skuilingervaring uitstal, insluitend sy Action Learning Shelter Model, en sal die Afrika Streekskoukus lei om vennootskappe te versterk. Die nasionale koördineerder, Anisa Moosa sê die lesse geleer by 95 skuilings […]
# Die Forum for South Africa het die Departement van Binnelandse Sake veroordeel omdat hy in die 2024/2025 boekjaar bykans 80-miljoen-rand bestee het aan die deportasie van onwettige immigrante. Die forum se leier, Tebogo Mashilompane, sê hierdie geld kon vir beter dinge aangewend word. Hy sê onwettige immigrante stroom steeds die land byna elke dag […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola sê Suid-Arika het by die Den Haagse Groep aangesluit om internasionale wette te handhaaf en om Israel se onwettige besetting van Palestynse gebiede te beeïndig. Hy het die parlement se Justisie-portefeuljekomitee oor die Internasionale Geregshof meegedeel dat die inisiatief, asook die Madrid-groep, wil ‘n onmiddellike […]
# Bedryfsdeskundiges sê makelaars speel ‘n belangrike rol om Suid-Afrikaners te help met klimaatsverwante gevare. Lede van ‘n paneel het tydens Momentum Insure se webinaar die behoefte aan praktiese leiding, risiko-oordrag en opvoeding beklemtoon. Hulle waarsku klimaatsverandering toets tradisionele versekeringsmodelle en moedig aanpassing, vernuwing en sterker openbare-privaat vennootskappe aan. Kenners sê met die toename van […]
# Atletiek: Die Amerikaanse Olimpiese silwermedalje-wenner in gewigstoot, Raven Saunders, het ‘n skorsing van 30-maande van die Amerikaanse Teen-opkikkeragentskap aanvaar. Saunders het drie keer in twaalf maande nie die beskikbaarheidsvereistes nagekom nie. Die 29-jarige was nie beskikbaar vir toetse in April, Mei en Desember verlede jaar nie. Die skorsing het begin op 26 Desember toe […]
# Lande berei tans voor om hul nasionale klimaatbeloftes te wysig en kenners vra hulle om wesenlike teikens in te sluit om ontbossing te beëindig en woude te herstel. Volgens die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram kap die mensdom elke jaar tien-miljoen hektaar woude af, gelykstaande aan die grootte van Portugal. Tropiese gebiede stel elke jaar […]