# Lande sonder seehawens het ingestem om ʼn nuwe blok vir klimaatsonderhandeling te vorm om die eiesoortige behoeftes van lande sonder regstreekse toegang tot die see te bevorder. Die besluit is geneem by die derde VN-konferensie vir ontwikkelende lande sonder seehawens wat tans in Awaza, Turkmenistan, plaasvind. ʼn VN-woordvoerder, Natalia Alonso Cano, sê hierdie lande […]
# Enactus Qwaqwa van die Universiteit van die Vrystaat se grensverskuiwende projek, Root Rescue, gaan in September aan die Enactus-wêreldbeker in Thailand deelneem. Die projek het onlangs die Enactus 2025 Early-Stage National Exposition gewen. Die universiteit sê Root Rescue het ontstaan weens ʼn behoefte aan ʼn oplossing vir probleme in die landbou. Dit sluit in […]
# Die DA in Gauteng sê die provinsiale Departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning het meer as 8,4-miljoen-rand aan verdagte kontrakte bestee. Die kontrakte is in die boekjare tussen 2022 en 2025 aan 24 maatskappye toegeken wat in die besit van militêre veterane was. Kingsol Chabalala van die DA sê by nadere ondersoek van […]
# Die Universiteit van Pretoria het ʼn skenking van 18-miljoen-rand van Google ontvang om die African Institute of Data Science and Artificial Intelligence te ondersteun. AfriDSAI is ʼn instituut by die universiteit wat navorsers, tegnoloë en gemeenskappe byeenbring om te besluit hoe data-wetenskap en kunsmatige intelligensie vir Afrika kan werk. Die vasteland dra tans net […]
# Die burgemeester van die George-munisipaliteit, Jackie von Brandis, het nasionale erkenning van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plaaslike Regering vir uitnemende leierskap ontvang. Slegs nege vroulike burgemeesters landswyd het dit ontvang. Die woordvoerder van die munisipaliteit, Debra Sauer, sê die toekenning vereer buitengewone vroue in leierskapsposisies wat met goeie bestuur en skoon ouditering in hul […]
# Israel se veiligheidkabinet het die eersteminister Benjamin Netanyahu se plan om Gazastad te beset, goedgekeur. Israel het Gaza ten volle beset nadat dit in die 1967-oorlog ingeneem is, maar het in 2005 onttrek. Die Netanyahu se kantoor sê die Israelse weermag sal voorberei om beheer oor die stad oor te neem terwyl humanitêre hulp […]