# Rugby: Die Springbok-Vroue legende, Sinazo Mcatshulwa sal Saterdag haar 42ste wedstryd vir die Springbokke speel wanneer hulle Nieu-Seeland in die kwarteindronde van die Vroue-wêreldbeker in Exeter, England, aandurf. Die span is sonder Chumisa Qawe wat geskors is nadat sy ‘n rooikaart teen Frankryk gekry het. Dit word verwag dat die span môre aangekondig word […]
# Eskom het sy eerste vloot van 20 elektriese voertuie bekendgestel as deel van sy oorgang na skoner energie. Die voertuie, wat wissel van afleweringsvoertuie tot ligte vragmotors, sal hoofsaaklik in die verspreidings- en opwekkingsafdelings gebruik word om koste te besnoei en uitstralings te verminder. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê dit is die begin […]
# Die DA in Noordwes het LUR Susanna Dantjie versoek om in te gryp in die gedwonge sluiting van die Maatskaplike Ontwikkelingsdienspunt in Naledi. Beskadigde slotte het amptenare verhinder om toegang tot kliëntrekords te verkry, dienste te lewer en noodsaaklike opleiding vir nie-regeringsorganisasies aan te bied. Die DA-lid, Hendriëtte van Huyssteen, sê die party het […]
# Saftu het sy diep kommer uitgespreek oor die hardnekkige trae en onvolhoubare ekonomiese groei in die tweede kwartaal van vanjaar. Woordvoerder, Asive Dyani sê die ekonomie het met ‘n karige 0,8-persent gegroei, met mynbou wat met 3,7-persent en handel met 1,7-persent toegeneem het. Sy sê die stagnasie spruit uit die regering se weiering om […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het weereens in die Parlement bevestig dat Suid-Afrika steeds ‘n tweestaat-oplossing tussen Israel en Palestina steun. Hy beklemtoon die bevordering van die internasionale reg, aanspreeklikheid, regverdige vrede, ‘n onmiddelike wapenstilstand en die vrylating van gyselaars. Lamola vra ook die beeïndiging van onwettige Israelse nedersettings, die […]
# Die MK-party verwelkom ‘n beslissing van die Hooggeregshof in Limpopo as ‘n oorwinning vir deursigtigheid en aanspreeklikheid vir plaaslike regering. Die hof het ‘n aansoek deur die munispale bestuurder van die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit van die hand gewys, wat die MK-party se raadslid, Phetole Bosney Mashao, probeer verhoed het om sy toesigpligte uit te […]