# Die Hooggeregshof in Johannesburg het sewe Chinese burgers tot 20 jaar tronkstraf elk gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan 158 uit die 160 aanklagte van ontvoering en gedwonge arbeid. Die groep is in 2019 in hegtenis geneem en het 91 Malawiese burgers, insluitend kinders, onwettig aangehou by hul sakeperseel. Regter David Mhango het […]
# Die jongste FNB en die Buro vir Ekonomiese Navorsing se bouvertroue-indeks toon bouers is steeds negatief, met vertroue wat van Julie tot September tot 35 punte gedaal het. Hoofkontrakteursvertroue het tot 46 punte gestyg, bourekenaars het met 12 punte gedaal, argitekte het met twee punte gedaal, subkontrakteurs het tot 37 punte gestyg, en hardewarekleinhandelaars […]
# Hongkongse wetgewers het ‘n wetsontwerp verwerp wat beperkte regte aan selfdegeslag-paartjies sou toestaan. Die streeksregering het wetgewing voorgestel wat sekere regte aan selfdegeslag-lewensmaats sou erken, maar slegs aan verbintenisse wat in die buiteland geregistreer is. LGBTQ-aktiviste het die beperkings afgekraak terwyl die voorstel bykans algehele kritiek van pro-Beijingse politici gekry het wat die Hongkongse […]
# Rugby: Die Springbok-Vroue legende, Sinazo Mcatshulwa sal Saterdag haar 42ste wedstryd vir die Springbokke speel wanneer hulle Nieu-Seeland in die kwarteindronde van die Vroue-wêreldbeker in Exeter, England, aandurf. Die span is sonder Chumisa Qawe wat geskors is nadat sy ‘n rooikaart teen Frankryk gekry het. Dit word verwag dat die span môre aangekondig word […]
# Eskom het sy eerste vloot van 20 elektriese voertuie bekendgestel as deel van sy oorgang na skoner energie. Die voertuie, wat wissel van afleweringsvoertuie tot ligte vragmotors, sal hoofsaaklik in die verspreidings- en opwekkingsafdelings gebruik word om koste te besnoei en uitstralings te verminder. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê dit is die begin […]
# Die DA in Noordwes het LUR Susanna Dantjie versoek om in te gryp in die gedwonge sluiting van die Maatskaplike Ontwikkelingsdienspunt in Naledi. Beskadigde slotte het amptenare verhinder om toegang tot kliëntrekords te verkry, dienste te lewer en noodsaaklike opleiding vir nie-regeringsorganisasies aan te bied. Die DA-lid, Hendriëtte van Huyssteen, sê die party het […]