# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Viëtnam is daartoe verbind om handelstruikelblokke te verminder en beleggingsbeskermingsraamwerke te versterk. Ramaphosa het die Viëtnam-SA Sakeforum in Hanoi toegespreek. Hy sê handel tussen Suid-Afrika en Viëtnam gaan nie net oor goedere en dienste nie, maar ook oor vertroue, vernuwing en gedeelde waardes. Die president sê hierdie forum […]
# Die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele, sê hy het slegs twee ure gehad om aan die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu te oorhandig. Cele het voor die Parlement se ad hoc-komitee getuig hy het ‘n lywige oorhandigingsdokument voorberei, maar daar was nie enige verdere kontak daarna nie. Cele het bygevoeg dat hy […]
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Viëtnam is verbind tot die oorskakeling na skoner vorme van energie. Ramaphosa het tydens die Viëtnam-SA Sakeforum in Hanoi gepraat. Hy sê Suid-Afrika bevorder hernubare energie- en groen waterstofprojekte, terwyl Viëtnam ook in volhoubare energie-infrastruktuur belê. Die president sê albei lande moet saamwerk met die vervaardiging van elektriese […]
# ‘n Lid van die taakspan vir politieke moorde, Getuie C, het aan die Madlanga-kommissie gesê die sakeman Jerry Boshoga word steeds vermis nadat hy verlede jaar ontvoer is. C, wat met ‘n gesigsbedekking getuienis aflê vanuit ‘n geheime plek, sê die polisie het ‘n klopjag uitgevoer op die herehuis van die verdagte tenderpreneur Vusimuzi […]
# Die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele, sê die SAPD is nie bestendig nie omdat nasionale kommissarisse selde hul termyne voltooi. Hy het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê gedurige leierskapsveranderinge ontwrig die ontwikkeling en inwerkingstelling van die polisie se organogram. Cele het opgemerk dat elke kommissaris halfgebakte werk agterlaat, wat bestendigheid verhoed. […]