# Die Verenigde State belowe om by NAVO te staan nadat Rusland oornag in Pole se lugruim ingedring het. Die Amerikaanse ambassadeur by NAVO, Matthew Whitaker, belowe dat die Withuis elke sentimeter van NAVO-grondgebied sal verdedig. Duitsland het instussen ‘n waarskuwing aan Rusand gerig dat hy teen die indringing sal optree. Die minister van Verdediging […]
# COSATU het die 20-jaar tronkstraf verwelkom wat aan sewe Chinese burgers opgelê is nadat hulle in die Hooggeregshof in Johannesburg skuldig bevind is aan menshandel en kinderarbeid. Die sewe Chinese burgers, wat in 2019 gearresteer is, het 91 Malawiese burgers, insluitend kinders, gedwing om lang ure onder gewapende bewaking te werk. Zanele Sabela van […]
# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, het ‘n stabiliseringspan ingestel om leierskapskonflikte by die Kaapstadse Kollege vir TVET aan te spreek. Die konflik tussen die bestuur het ‘n impak op die funksionering van die instelling. Woordvoerder, Matshepo Seedat sê die werk van die span, onder leiding van ‘n afgetrede regter en […]
# Die Johannesburgse Metropolisie waarsku oor reuse verkeersontwrigting in Coronationville, Westdene, Westbury, Martindale, Sophiatown, en Newclare as gevolg van protes-aksie oor langdurige kragonderbrekings. Verskeie hoofroetes, insluitende Fuel, Main, Perth, en Portland, is gesluit. Woordvoerder van die metropolisie, Xolani Fihla, vra dat motoriste die omgewing moet vermy:
# Pole het sy NAVO-bondgenote byeengeroep vir dringende samesprekings nadat Russiese hommeltuie die Poolse lugruim binnegedring het tydens ’n oornagaanval op Oekraïne. Die eerste minister van Pole, Donald Tusk het die “grootskaalse uittarting” veroordeel en gesê Pole het 19 skendings van sy lugruim geïdentifiseer en ten minste drie hommeltuie afgeskiet nadat hy vliegtuie saam met […]
# ActionSA het sy Wysigingswetsontwerp van die Grondwet regstreeks aan president Cyril Ramaphosa voorgelê soos versoek is. Die wetsontwerp is daarop gemik om onnodige adjunkministersposte te sny en die Parlement meer toesig oor die uitvoerende gesag te gee. Die party beweer adjunkministers voeg min waarde toe en dien hoofsaaklik as politieke aanstellings. Athol Trollip van […]
# Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal vir Toerisme, Zurab Pololikashvili, het aangekondig dat 100 studiebeurse aan Suid-Afrikaners beskikbaar gestel is om onderwys en vaardigheidsontwikkeling in die toerismesektor te verhoog. Hy het op die Toerisme-ontwikkelingsberaad in Kaapstad gesê dis daarop gemik om die jeug te bemagtig om te floreer in ‘n hoogs-mededingende bedryf en inklusiewe groei […]
# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, het Suid-Afrika se eerste Toerisme-beleggingsberaad in Kaapstad bekendgestel, met die doel om die sektor uit te brei. De Lille sê die beraad met projekte ter waarde van meer as een-miljard-rand beklemtoon toerisme se rol in ekonomiese transformasie en werkskepping. Sy het aan SABC News gesê projekte soos […]