# Tennis: Australië se Davisbeker-kaptein, Lleyton Hewitt, is vir twee weke geskors vir aanstootlike gedrag nadat hy skuldig bevind is dat hy ‘n opkikkerbeheerbeampte gestamp het. Die voormalige wêreld-nommer-een is ook met 350-duisend-rand beboet ingevolge ‘n beslissing van ‘n onafhanklike tribunaal van Tennis se Teen-opkikkerprogram. Die Internasionale Tennis-integriteitagentskap sê die 44-jarige is in Januarie aangekla […]
# Die Activists and Citizens Forum moedig die Departemente van Indiensneming en Arbeid, en Binnelandse Sake aan om meer inspeksies by maatskappye te doen om onwettige besighede vas te vat. Dit volg nadat die Hooggeregshof in Johannesburg gister sewe Chinese burgers tot 20 jaar elk gevonnis het vir mensehandel en kinderarbeid. Dennis Bloem van die […]
# Die United African Transformation sê die voortgesette nasionale makro-organisasie van die regeringsproses bedreig landelike ontwikkelingsprogramme. Die party waarsku meer as 200 amptenare van die Direktoraat Koöperasies en Ondernemingsontwikkeling word gedwing om landbourolle aan te neem waarvoor hulle nie opgelei is nie en dit stel die sukses van grondhervormingsprojekte in gevaar. Die party se leier, […]
# Atletiek: Nege-en-veertig Suid-Afrikaners gaan deelneem aan die wêreldkampioenskap wat Saterdag in Tokio, Japan, begin. Onder hulle is die naelloper Akani Simbine, die wêreldrekordhouer in die 400-meter, Wayde van Niekerk, die binnenshuise wêreldkampioen in die 800-meter, Prudence Sekgodiso, en die Olimpiese silwermedaljewenner in spiesgooi, Jo-Ané du Plessis. Atletiek Suid-Afrika se president, James Moloi, sê die […]
# Die Nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê die polisie is besig om optrede teen bendegeweld in die Wes-Kaap te verskerp. Daar is sedert April meer as een-duisend onwettige vuurwapens gekonfiskeer en meer as 114-duisend verdagtes gearresteer. Masemola het in Kraaifontein aan die media gesê ‘n verdagte wat verbind word met ‘n onlangse massamoord is gearresteer […]
# Sokker: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, beklemtoon die waarde van die video-assistentskeidsregter-stelsel na Nigerië se omstrede handdoel teen Suid-Afrika in gister se Wêreldbeker-kwalifiseerder in Bloemfontein. Die doel in die 42ste minuut het daartoe gelei dat die Super Eagles en Bafana Bafana met een-elk gelykop gespeel het. Suid-Afrika is ondanks die […]
# Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat het tussen April en Junie 15 strafregtelike skuldigbevindings verseker, insluitend moord, verkragting deur polisiebeamptes, aanranding en marteling. Die polisiewaghond het een-duisend-171 nuwe sake ontvang, hoofsaaklik in die Wes-Kaap, Gauteng, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. OPOD se woordvoerder, Lizzy Suping, sê daar word beplan om 36 afgetrede speurders oor ‘n tydperk van drie […]