# ‘n Mosambiekse tradisionele geneser, Aizeque Zacaria Cumbuia, het sy borgtogaanbod in die Ga-Rankuwa Landdroshof in Tshwane laat vaar. Die 26-jarige staan tereg op ‘n aanklag van die besit van menslike weefsel nadat die polisie in Augustus na bewering liggaamsdele in sy werkskamer ontdek het. Lumka Mahanjana van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die vonds word […]
# AfriForum Jeug gaan vandag ‘n versoekskrif aan die bestuur van die Noordwes-Universiteit oorhandig oor die weiering om die slagspreuk “Kill the Boer” te veroordeel. Die eerste versoek wat in Junie aan vise-kanselier Bismark Tyobeka gestuur is, het gevolg nadat die kreet buite koshuise op die Potchefstroomse kampus gesing is. Yvonne Gerber van AfriForum sê […]
# Tennis: Australië se Davisbeker-kaptein, Lleyton Hewitt, is vir twee weke geskors vir aanstootlike gedrag nadat hy skuldig bevind is dat hy ‘n opkikkerbeheerbeampte gestamp het. Die voormalige wêreld-nommer-een is ook met 350-duisend-rand beboet ingevolge ‘n beslissing van ‘n onafhanklike tribunaal van Tennis se Teen-opkikkerprogram. Die Internasionale Tennis-integriteitagentskap sê die 44-jarige is in Januarie aangekla […]
# Die Activists and Citizens Forum moedig die Departemente van Indiensneming en Arbeid, en Binnelandse Sake aan om meer inspeksies by maatskappye te doen om onwettige besighede vas te vat. Dit volg nadat die Hooggeregshof in Johannesburg gister sewe Chinese burgers tot 20 jaar elk gevonnis het vir mensehandel en kinderarbeid. Dennis Bloem van die […]
# Die United African Transformation sê die voortgesette nasionale makro-organisasie van die regeringsproses bedreig landelike ontwikkelingsprogramme. Die party waarsku meer as 200 amptenare van die Direktoraat Koöperasies en Ondernemingsontwikkeling word gedwing om landbourolle aan te neem waarvoor hulle nie opgelei is nie en dit stel die sukses van grondhervormingsprojekte in gevaar. Die party se leier, […]
# Atletiek: Nege-en-veertig Suid-Afrikaners gaan deelneem aan die wêreldkampioenskap wat Saterdag in Tokio, Japan, begin. Onder hulle is die naelloper Akani Simbine, die wêreldrekordhouer in die 400-meter, Wayde van Niekerk, die binnenshuise wêreldkampioen in die 800-meter, Prudence Sekgodiso, en die Olimpiese silwermedaljewenner in spiesgooi, Jo-Ané du Plessis. Atletiek Suid-Afrika se president, James Moloi, sê die […]
# Die Nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê die polisie is besig om optrede teen bendegeweld in die Wes-Kaap te verskerp. Daar is sedert April meer as een-duisend onwettige vuurwapens gekonfiskeer en meer as 114-duisend verdagtes gearresteer. Masemola het in Kraaifontein aan die media gesê ‘n verdagte wat verbind word met ‘n onlangse massamoord is gearresteer […]