# Die nsionale polisekomissaris, Fannie Masemola vra vir ‘n verenigde front teen bendegeweld by Wes-Kaapse brandpunte. Die provinsie word geteister deur ‘n reeks skietvoorvalle, insluitend insidente by hofgeboue. Masemola het in Kraaifontein gewaarsku dat die polisie nie misdadige bedrywighede sal duld nie en sal voortgaan om die oppergesag van die staat te handhaaf. Hy vra […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig ‘n geregtelike doodsondersoek na die dood van die anti-apartheidsaktivis Steve Biko in 1977, sal Vrydag heropen word. Biko is dood in polisie-aanhouding in Pretoria ná beweerde marteling. Die NVG se streekswoordvoerder, Luxolo Tyali, sê die geregtelike doodsondersoek, ondersteun deur die Ministerie van Justisie, is daarop gemik om vorige ongeregtighede […]
# Die Konstitusionele Hof moet besluit of mans hul vroue se vanne ná die huwelik kan aanneem. Dit volg nadat twee paartjies, Jana Jordaan en Henry Van Der Merwe, en Jess Donnelly-Bornman en Andreas Nicolas Bornman, dele van Artikel 26 van die Wet op die Registrasie van Geboortes en Sterftes betwis het en aangevoer het […]
# Leiers van die Cultural Communities Collaborative Initiative het aangekondig dat hulle opnuut gaan probeer om betrokke te raak by kwessies wat hul gemeenskappe raak om tot die nasionale dialoog by te dra. Hulle sal ‘n insetdokument saamstel wat belangrike uitdagings uitspel met voorgestelde oplossings, wat sal verseker dat kultuurstemme in die nasionale gesprekke ingesluit […]
# Rugby: Springbok-hulpafrigter Duane Vermeulen het baie vertroue in die jong agterlyn vir Saterdag se tweede Rugbykampioenskapstoets teen die All Blacks in Wellington. Hy wil graag sien wat die jong, opwindende spelers kan uitrig na verlede week se nederlaag in Auckland. Vermeulen glo dis die perfekte geleentheid vir die afrigters om te sien hoe die […]
# ‘n Entstof om chlamydia in Australië se koala-bevolking te behandel, is goedgekeur in die eerste projek van sy soort ter wêreld. Navorsers het die entstof ontwikkel om die buideldier te beskerm. Chlamydia is verantwoordelik vir die helfte van koala-sterftes in die land se wilde bevolkings, wat hoofsaaklik in die bloekomwoude langs die ooskus voorkom. […]
# Die DA eis ‘n volledige ondersoek nadat die Karlienpark-kliniek in Rustenburg sonder elektrisiteit is weens die Departement van Gesondheid in Noordwes se onbetaalde rekeninge van 119-duisend-rand. Die party het ingegryp om die krag te herstel en waarsku soortgelyke wanbetalings kan dienste by ander gesondheidsfasiliteite in die provinsie ontwrig. Die DA-lid, Hendriëtte van Huyssteen, sê […]
# Die Department van Toerisme beoog om aanloklikhede soos sporttoerisme te gebruik om toerisme uit te brei. Die minster van Toerisme, Patricia de Lille, het tydens die bekendstelling van die eerste Toerisme-beleggingsberaad met SABC News gepraat. Sy sê die departement sal deur ‘n vennootskap met die Departement Sport, Kuns en Kultuur, geleenthede soos die LIV-Gholftoernooi […]
# Sokker: Die Egiptiese voorspeler Omar Marmoush gaan Sondag se Manchester-derby misloop. Die speler van Manchester City het ‘n knie-ligament beseer tydens ‘n internasionale wedstryd. Hy is Dinsdag vervang in die vierde minuut van Egipte se doellose gelykopstryd teen Burkina Faso in ‘n Wêreldbeker-kwalifiseerder. City is Sondag gasheer vir Manchester United, met albei spanne wat […]