# Die nasionale enegiereguleerder het ‘n personeellid geskors oor die 54-mijard-rand fout in die Eskom tariefbepaling. Volgens News24 sal Nersa ‘n gedeelte van die tekort verhaal deur ‘n tariefverhoging van 8,8-persent oor twee jaar, wat 35-miljard-rand sal herwin, met die oorblywende 19-miljard-rand wat later herwin sal word. Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, […]
# Ursula von der Leyen sê sy sal sanksies en ‘n gedeeltelike handelsopskorting teen Israel aanvra weens sy oorlog in Gaza. Die president van die Europese Kommissie het in die Europese Parlement gesê wat in Gaza gebeur, skud die hele wêreld se gewete. Sy beplan om die steun aan Israel deur die EU se uitvoerende […]
# Die hoëprofielsaak van adjunkpresident Paul Mashatile se agt BBP-beskermingsbeamptes is vandag weer in die Randburg Streekhof in Gauteng. Die beamptes bekend as die Blouligmafia word aangekla van aanranding en opsetlike saakbeskadiging nadat ‘n video uit 2023 gewys het hoe hulle motoriste op die N1-snelweg aanval. Die verdediging sal ‘n Artikel 174-aansoek aanvoer om aanklagte […]
# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê Suid-Afrika is gereed vir infrastruktuurprojekte. Sy het tydens die bekendstelling van die Toerismebeleggingsberaad in Kaapstad genoem plaaslike nuwe ondernemings het tussen 2019 en 2024 meer as 682-miljoen-rand in waagkapitaal gelok, meer as die helfte van Afrika se algehele toerisme-oplossings. De Lille het haarself verbind tot vordering […]
# Die nsionale polisekomissaris, Fannie Masemola vra vir ‘n verenigde front teen bendegeweld by Wes-Kaapse brandpunte. Die provinsie word geteister deur ‘n reeks skietvoorvalle, insluitend insidente by hofgeboue. Masemola het in Kraaifontein gewaarsku dat die polisie nie misdadige bedrywighede sal duld nie en sal voortgaan om die oppergesag van die staat te handhaaf. Hy vra […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig ‘n geregtelike doodsondersoek na die dood van die anti-apartheidsaktivis Steve Biko in 1977, sal Vrydag heropen word. Biko is dood in polisie-aanhouding in Pretoria ná beweerde marteling. Die NVG se streekswoordvoerder, Luxolo Tyali, sê die geregtelike doodsondersoek, ondersteun deur die Ministerie van Justisie, is daarop gemik om vorige ongeregtighede […]
# Rugby: Springbok-hulpafrigter Duane Vermeulen het baie vertroue in die jong agterlyn vir Saterdag se tweede Rugbykampioenskapstoets teen die All Blacks in Wellington. Hy wil graag sien wat die jong, opwindende spelers kan uitrig na verlede week se nederlaag in Auckland. Vermeulen glo dis die perfekte geleentheid vir die afrigters om te sien hoe die […]
# ‘n Entstof om chlamydia in Australië se koala-bevolking te behandel, is goedgekeur in die eerste projek van sy soort ter wêreld. Navorsers het die entstof ontwikkel om die buideldier te beskerm. Chlamydia is verantwoordelik vir die helfte van koala-sterftes in die land se wilde bevolkings, wat hoofsaaklik in die bloekomwoude langs die ooskus voorkom. […]
# Die Konstitusionele Hof moet besluit of mans hul vroue se vanne ná die huwelik kan aanneem. Dit volg nadat twee paartjies, Jana Jordaan en Henry Van Der Merwe, en Jess Donnelly-Bornman en Andreas Nicolas Bornman, dele van Artikel 26 van die Wet op die Registrasie van Geboortes en Sterftes betwis het en aangevoer het […]