# Die Adjunkpresident, Paul Mashatile, sê tradisionele leiers is noodsaaklike vennote in die regering, veral in plattelandse gemeenskappe. Mashatile het op ‘n beraad met tradisionele en Khoi San leiers in Pretoria hulle rol as die bewaarders van kultuur en tradisies beklemtoon, buite die termynperke van verkose amptenare. Hy het benadruk hulle leierskap is gewortel in […]
# LegalAid South Africa het die verdediging se regsverteenwoordigers in die Senzo Meyiwa-moordverhoor gewaarsku dat aansoeke om ontslag min vooruitsigte op sukses het, en het geweier om hulle te befonds. Drie van die vier regspanne beplan egter om voort te gaan terwyl vier van die beskuldigdes die Hooggeregshof in Pretoria verwittig het dat hulle aansoek […]
# Daar word verwag dat die Amerikaanse visepresident, JD Vance, vandag met die Britse minister van Buitelandse Sake, David Lammy, gaan vergader voordat hy op ‘n gesinsvakansie vertrek. Die twee, wat aan teenoorgestelde kante van die politieke spektrum is, sal by Lammy se amptelike plattelandse woning, Chevening, ontmoet. Die vergadering volg terwyl Brittanje probeer om […]
# Die stryd vir gemeenskapsgedrewe onderwys betree nou ‘n nuwe fase met konsepregulasies oor skooltoelatings wat nou beskikbaar is vir openbare insette. Terwyl skoolbeheerliggame beleidmakingmagte het, berus die finale gesag by provinsiale departementshoofde. Die woordvoerder van die Vryheidsfront Plus, Wynand Boshoff, voer aan dat dit gemeenskapsbeheer verswak en openbare skole as staatsinstellings herdefinieer:
# Die Hooggeregshof in Pretoria het beslis die oorskot van die gewese Zambiese president, Edgar Lungu, moet gerepatrieer word vir ‘n staatsbegrafnis. Dit beëindig ‘n regsgeding tussen die Zambiese regering en sy familie, wat hom in Johannesburg wou begrawe. Lungu is twee maande gelede dood toe hy behandeling in Suid-Afrika ontvang het. Die adjunk-regterpresident, Aubrey […]
# Oud-president Thabo Mbeki se stigting en ander het hulle onttrek aan die voorbereidingspan vir die nasionale dialoog. Hulle het uitstel tot na 15 Oktober versoek, met verwysing na haastige beplanning, ‘n gebrek aan deursigtigheid rakende befondsing en ‘n verskuiwing van ‘n burgergeleide benadering tot regeringsbeheer. Die dialoog word beplan vir volgende Vrydag. Die groepe […]