# Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika sê die ANC se onlangse verdediging van swartbemagtiging, is ‘n powere poging om sy laaste politieke vesting te beskerm. Die vereniging sê die ANC se bewerings dat die beleid vroue, jeugdiges en mense met gestremdhede bemagtig, is onwaar. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gerhard Papenfus, sê die ANC weier […]
# Die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele, sê Suid-Afrika is onder beleg van ‘n groeiende toestroming van dwelms, en blameer deurlaatbare grense en ‘n tekort aan skandeerders. Cele sê die land het ‘n transito-kern en ‘n winsgewende mark vir dwelmsindikate geword, met arm jeugdiges as die hoofslagoffers. Hy vra strenger wetstoepassing en howe, en […]
# AfriForum het bevestig dat die Stad Kaapstad, Johannesburg Metro en Mogale City-munisipaliteit by hul Hooggeregshof-saak in Pretoria teen Nersa aangesluit het. Die munisipaliteite steun Nersa in die saak. Die burgerregtegroep betwis die reguleerder se goedkeuring van munisipale elektrisiteitstariewe sonder behoorlike koste-van-voorsieningstudies of voldoende openbare deelname. Nersa erken dat hul proses onvoldoende openbare betrokkenheid toegelaat […]
# Suid-Afrika se bootboubedryf word gevra om dringend plaaslike vaardighede te ontwikkel en internasionale onderdele-vervaardigers te lok. Die uitvoerende hoof van Ullman Sails International, Michael England, het op die Afrika-bootkonferensie in Kaapstad gesê afhanklikheid van duur invoere uit Amerika, die Europese Unie en China bedreig volhoubaarheid. Hy vra ‘n behoorlike opleidings-gerief om jongmense toe te […]
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het ‘n openbare TB-platform in Johannesburg bekendgestel wat die jongste syfers weerspieël. Dit is in samewerking met die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes en die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens ontwikkel , en poog om TB-voorkoms en -sterftes teen 2035 te verminder. Die platform gee die publiek toegang tot geverifieerde nasionale […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik verwelkom Eskom se besluit om burokrasie vir residensiële sonkrag- en batterystelsels te verminder. Van 1 Oktober af kan nie net ingenieurs nie, maar ook geakkrediteerde elektrisiëns, kleinskaalse sonkraginstallasies onder die bestaande sertifikaat van voldoeningsraamwerk goedkeur. Dit sal koste en vertragings vir huiseienaars verminder. Die uitvoerende hoof van OUTA, Wayne Duvenage […]
# Die regterlike waghond Judges Matter sê die waarnemende Gautengse regter-president, Aubrey Ledwaba, moet op spesiale verlof geplaas word na ernstige bewerings van omkopery. Getuie A het aan die Madlanga-kommissie gesê Ledwaba het 2,5-miljoen-rand ontvang om die vermeende kartelbaas Katiso Molefe te help vrylaat, maar Ledwaba ontken die bewerings. Mbekezeli Benjamin van Judges Matter sê […]
# Rugby: Die Bulle appelleer teen hulle Springbok-voorspeler Jan-Hendrik Wessels se swaar skorsing van nege weke ondanks ‘n oënskynlike gebrek aan duidelike bewyse. Hy is gestraf nadat Connacht se flank, Josh Murphy, hom daarvan beskuldig het dat hy hom tydens verlede naweek se Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd tussen die bene gegryp het. Die Bulle sê geen nuwe […]