Skip to content

Lande in Suidoos-Asië bekommerd oor hernude vyandelikhede tussen Amerika en Iran

# Die ministers van Buitelandse Sake in die Vereniging van Suidoos-Asiatiese Nasies is bekommerd oor hernude vyandelikhede tussen Amerika en Iran. Asiatiese lande is die swaarste getref deur Iran se sluiting van die Seestraat van Hormoes, ‘n belangrike seevaartroete vir die vervoer van sowat 60-persent van die streek se energievoorrade. Die vereniging sê die hernude gevegte hou verdere gevolge in vir die streek se handel-, energie- en voedselsekerheid, veral die bestendigheid van landbouvoorsieningskettings. Hy sê die jongste verwikkelinge verminder die vooruitsigte van ‘n vreedsame oplossing.