# Suid-Afrika se landbousektor was op die voorpunt van ekonomiese groei in die eerte kwartaal, met ‘n uitbreiding van 15,8-persent en ‘n bydrae van 0,4- persentasiepunte tot die bruto binnelandse produk. Volgens Stats SA is die groei aangevuur deur tuinbou en diereprodukte. Uitvoere het gestyg tot 61-miljard-rand, terwyl beesvleisuitvoere alleen met 31-persent jaar-op-jaar gestyg het. Die verslag toon dat landbou nou meer as 956-duisend mense in diens het, wat sy vermoë beklemtoon om armoede te verminder. Kenners vra groter belegging in infrastruktuur, finansiering en klimaatsveerkragtigheid om dié stukrag te handhaaf.
Landbousektor behaal groei van 15,8% in die eerste kwartaal van vanjaar