# Die Promoting Regenerative Agriculture for Sustainable Livelihoods is in Mosambiek bekendgestel om vier-duisend kleinboere te ondersteun. Die projek van 32-miljoen-rand sal veral klem lê op vroue en jeug deur klimaatsbestande boerdery. Die projek, wat tot 2027 duur, sal grondgehalte verbeter, ekosisteme herstel, en toegang tot digitale hulpmiddels en finansiële insluiting bied. Die inisiatief wil boere vir langtermyn volhoubaarheid en veerkragtigheid bemagtig.
Landbouprogram bekendgestel om kleinboere in Mosambiek te ondersteun