Skip to content

Landboudepartement verskerp maatreëls om bek-en-klouseer te bekamp

# Die Departement van Landbou sê hy het beheermaatreëls verskerp om die verspreiding van bek-en-klouseer in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap te bekamp. In KZN is 165 gevalle aangemeld en 40 in die Oos-Kaap. Die departement sê die voortgesette toetsing op aangewese eiendomme wil toesigpogings afhandel met die hoop dat bek-en-klouseer-beperkings binnekort opgehef kan word. Die departement moedig boere aan om diere se beweging te beperk en versigtig te wees wanneer hulle diere aankoop.