# Die premier van KwaZulu-Natal, Thamsanqa Ntuli, het die moord op ‘n Malawiese burger en die aanranding van twee ander persone sterk veroordeel ná ‘n vermeende xenofobiese aanval in die JikaJoe-informele nedersetting in Pietermaritzburg. Die woordvoerder, Lindelani Mbatha, sê betogers het Vrydag teen buitelandse burgers in die gebied betoog. Na afloop van die optog het ‘n groep na bewering weggebreek na Jika Joe, waar ‘n Malawiese burger vermoor en twee ander ernstig beseer is.
KZN-premier veroordeel die moord op Malawiese burger in Pietermaritzburg