Skip to content

Koning Charles eerste Britse koninklike wat sy belastingrekening bekend maak

# Koning Charles is die eerste Britse koninklike wat sy belastingrekening bekend gemaak het. Die syfers toon dat hy nagenoeg 280-miljoen-rand in belasting vir 2024 en 2025 betaal het. Dit plaas hom onder die top-100 Britse belastingbetalers. Die verandering in die publikasie van besonderhede van die koning se persoonlike belasting volg na oproepe vir groter deursigtigheid rondom koninklike finansies, na skandale rondom Andrew Mountbatten-Windsor. Parlementslede het kommer uitgespreek oor ‘n gebrek aan verantwoording en hierdie klemverskuiwing rakende die jaarlikse paleisrekeninge weerspieël die openbare goedkeuring vir groter openlikheid.