# Meer as 100 komberse wat tydens ‘n spesiale gemeenskapsinisiatief by die Voortrekkermonument ingesamel is, is nou op pad na ouetehuise, sorgfasiliteite en ander kwesbare gemeenskappe in Pretoria. Dit kom net betyds met die winterkoue wat begin byt. Die projek is ‘n samewerking tussen Solidariteit se Helpende Hand, die Jakaranda Kewerklub en MachKnitz-vrywilligers wat komberse gebrei en gehekel het. Die komberse is in ‘n indrukwekkende konvooi van 32 Volkswagen-kewers vervoer en by die Voortrekkermonument uitgestal.
Komberse ingesamel om kwesbares in Pretoria warm te hou