# ‘n Entstof om chlamydia in Australië se koala-bevolking te behandel, is goedgekeur in die eerste projek van sy soort ter wêreld. Navorsers het die entstof ontwikkel om die buideldier te beskerm. Chlamydia is verantwoordelik vir die helfte van koala-sterftes in die land se wilde bevolkings, wat hoofsaaklik in die bloekomwoude langs die ooskus voorkom. Die wollerige diertjies is ‘n embleem van Australiese kultuur. Hulle is ook kwesbaar vir habitatverlies, aanvalle deur ander diere en word deur motors raakgery. Koalas is in 2022 tot kritiek-bedreig verklaar.
Koala’s word eerste keer ter wêreld teen dodelike chlamydia ingeënt