# Die Knysna-oesterfees het bewys dis tydens die stil wintermaande ʼn noodsaaklike ekonomiese reddingsboei vir dié Wes-Kaapse dorp. Die Knysna-munisipaliteit se plaaslike-ontwikkelingsbestuurder, Lungiswa Goya, sê vanjaar se fees het ʼn 30-persent toename in deelname getoon. Sy sê die fees se verbintenis om terug te gee, is ʼn belangrike aspek. Skenkings aan plaaslike organisasies en dié sonder winsbejag was in 2024 meer as 450-duisend-rand.