# Die polisie het gister betogende klimaat-aktiviste buite die Kaapstad Internasionale Konvensiesentrum verwyder waar die Afrika Energieweek tans plaasvind. Lede van The Green Connection, die Afrika-klimaatalliansie en Projek 90 teen 2030 het by die betoging aangesluit en eis hernubare energieoplossings. Greenpeace Africa se woordvoerder, Desiree Lavern, sê Afrika het van die wêreld se beste son-, wind- en geotermiese potensiaal, maar korporasies wil lande dekades lank nog afhanklik maak van fossielbrandstowwe: