# Die Akademie vir Rolprentkuns en -wetenskap wat die Oscars toeken, sal ‘n nuwe Waagtoertjie-kategorie tydens die 2028-seremonie bekendstel. Dit is die jongste kategorie wat by die Oscars gevoeg word sedert verlede jaar se Prestasie in Rolverdeling, wat volgende jaar sy eerste toekenning sal oorhandig. Die bestuurshoof van die akademie, Bill Kramer, sê waagtoertjies was nog altyd deel van rolprentvervaardiging, en daarom is dit gepas dat die werk van hierdie tegniese en kreatiewe kunstenaars vereer word.
Kategorie vir waagtoertjie-ontwerp bekendgestel met Oscars in 2028