Skip to content

Kaapstad se nuwe waterskema kan as openbare-privaat vennootskap van stapel gestuur word

# Kaapstad se Faure Nuwe Waterskema kan moontlik as ‘n openbare-privaat vennootskap van stapel gestuur word. ‘n Voltooide haalbaarheidstudie stel ‘n openbare-privaat vennootskap-model voor as gevolg van die omvang van die projek. Die skema sal behandelde afvalwater daagliks in 70-miljoen liter drinkwater verwerk. Dit is deel van die stad se plan om die watervoorraad teen 2030 met 300-miljoen liter per dag te verhoog. Die studie het die openare-privaat vennootskapmodel as bekostigbaar beskryf, met Kaapstad wat eienaarskap en regulatoriese verantwoordelikheid behou. Openbare kommentaar sluit op 21 Augustus.