Skip to content

Kaapstad se Bonsai-fees ‘n reusesukses

# Die Stad Kaapstad sê die 13de jaarlikse Bonsai-fees in die Kompanjiestuine was ‘n lewenskragtige viering van skeppendheid en tuinboukundige uitmuntendheid. Vanjaar se tema was Bonsai en Kuns in die Park. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste, Francine Higham, sê werke van plaaslike opkomende kunstenaars is saam met die ArtsAweh!-uitstalling aangebied. Sy sê besoekers het die unieke geleentheid gehad om kuns in ‘n natuurlike omgewing te ervaar.