Skip to content

Kaapstad ken beurse toe aan 26 doelgedrewe toekomstige beroepslui

# Die Stad Kaapstad het beurse aan 26 doelgedrewe mense toegeken as deel van ‘n program om die leemte vir skaars vaardighede te vul deur navorsing in noodsaaklike studievelde te ondersteun. Die studievelde sluit in Rekeningkunde, Rekenaarwetenskap, Inligtingstegnologie en -stelsels, verskeie Ingenieursvelde, Regstudies en Stedelike Beplanning. Die metro sê hy het tans 17 eksterne beurshouers in altesaam agt fases van hul kursusse, en die bykomende 26 nuwe kandidate skuif die getal op tot altesaam 43 beurshouers.