# Die roete tussen die Kaapstadse Internasionale Lughawe en OR Tambo in Gauteng was verlede jaar Afrika se besigste lughaweverbinding. Volgens die Internasionale Lugvervoervereniging se Wêreldlugvervoerstatistiek-verslag het ongeveer 3,4-miljoen passasiers tussen die twee bestemmings gereis. Die verslag sê die roete het alle ander lugroetes op die vasteland oortref. Asië is wêreldwyd die besigste lugroete, terwyl Amerika die wêreld se grootste passasierslugvaartmark bly, gevolg deur China en die Verenigde Koninkryk.
Kaapstad–Johannesburg aangewys as Afrika se besigste lugroete