# Die Stad Kaapstad sê watervoorraad bly bestendig, maar die risiko van waterbeperkings het toegeneem weens stygende aanvraag en onsekere reënval. Damvlakke was vroeg in Julie ongeveer 76-persent na goeie reën, maar voorspellings dui op ondergemiddelde reënval. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die stad belê in nuwe waterbronne, insluitend grondwater, die hergebruik van water, ontsouting en oppervlakwaterprojekte. Badroodien het inwoners en besighede gevra om steeds water verantwoordelik te gebruik.
Kaapstad berei voor vir moontlike waterbeperkings te midde van kommer oor reënval