# Die wag is verby vir K-pop-bewonderaars. Die Suid-Koreaanse groep, BTS, het gister hulle lang verwagte terugkeer aangekondig en beplan ʼn nuwe toer en album vir volgende jaar. Hulle het die aangekondiging gedoen met hulle eerste regstreekse uitsending nadat al die orkeslede hulle militêre diensplig voltooi het. Die groep van sewe lede sê hulle vertrek later die maand na Amerika waar hulle aan nuwe musiek sal werk wat in 2026 vrygestel word. Dis BTS se eerste wêreldtoer sedert die Permission to Dance on Stage-toer in 2022, en hulle eerste album sedert 2020.
K-pop-groep bevestig nuwe album en toer