# Die sewende rolprent in die aksie-avontuurreeks wat Steven Spielberg geskep het, Jurassic World Rebirth, is die nommer-een in Amerikaanse rolprentteaters. Die rolprent, wat spog met ‘n nuwe rolverdeling met Scarlett Johansson, Mahershale Ali en Jonathan Bailey in die hoofrolle, was wêreldwyd ook die tweede gewildste. F1: The Movie, met Brad Pitt in die hoofrol was tweede met DreamWorks Animation se aksieprent How to Train Your Dragon, derde. Disney en Pixar se Elio en Sony se 28 Years Later is onderskeidelik vierde en vyfde.
Jurassic World Rebirth gewildste in Amerikaanse rolprentteaters met sy opening