# Johannesburg het Kaapstad verbygesteek as Suid-Afrika se beste plek om nuwe ondernemings te begin. Volgens StartupBlink se 2025-aanwyser vir nuwe ekostelsels wêreldwyd het Johannesburg 17 plekke geklim tot nommer 122 met ʼn groeikoers van meer as 42-persent, terwyl Kaapstad gedaal het tot die 138ste plek met groei van 13-persent. Suid-Afrika is wêreldwyd 52ste, maar eerste in Afrika. Die land se beginner-ekostelsels het in 2024 sowat 8,2-miljard-rand se fondse ontvang. Suid-Afrika se beste nywerheid is opvoedkundige tegnologie wat 35ste in die wêreld is.
Johannesburg steek Kaapstad verby as beste wegspringplek vir nuwe ondernemings