# Hittegolwe wêreldwyd vererger en gebeur meer gereeld weens mensgemaakte klimaatsverandering, met Japan wat geen uitsondering is nie. Die stad Komatsu, in die sentrale streek van Ishikawa, het vandag ‘n nuwe rekord van 40,3-grade Celsius aangeteken. Toyama-stad, ook in die sentrale streek, het 39,8-grade Celsius aangeteken, die hoogste temperatuur sedert rekords begin hou is. Japan het op 30 Julie sy hoogste aangetekende temperatuur bereik, ‘n snikhete 41,2-grade Celsius in die westelike streek van Hyogo. Die reënseisoen het ongeveer drie weke vroeër as gewoonlik in die westelike streke van Japan geëindig, wat ook ‘n nuwe rekord is.
Japan stel nuwe rekords op namate hittegolwe vererger weens klimaatsverandering