Skip to content

Japan Airlines toets mensagtige robotte as grondpersoneel

# Japan Airlines sal vanaf volgende maand mensagtige robotte as grondpersoneel begin gebruik op die Haneda-lughawe in Tokio in ‘n tweejaar-proefneming wat ten doel het om werknemers se werklas te verlig. Die Chineesvervaardigde robotte sal aangewend word om vraghouers te laai en af ​​te laai. Die lugredery hoop die robotte sal in die toekoms ook gebruik kan word om kajuite skoon te maak en grondondersteuningstoerusting te bedryf. Die lugredery sê die gebruik van robotte vir fisies-veeleisende take sal beduidende voordele vir werknemers inhou, hoewel sommige take, insluitend veiligheidsbestuur, slegs deur mense hanteer kan word.