Skip to content

Jacob Zuma-stigting verwerp berigte dat hy uit hospitaal ontslaan is

# Die Jacob Zuma-stigting het berigte ontken dat die oudpresident en leier van die MK-party uit die hospitaal ontslaan is. Die stigting sê Zuma is steeds in die Netcare St Anne’s-hospitaal in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, waar hy volgens sy party vir ‘n roetine-ondersoek opgeneem is. Die party sê hy is in ‘n goeie luim. President Cyril Ramaphosa het ook bevestig hy is ingelig oor Zuma se gesondheidstoestand. Die stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi, beskuldig die media dat hulle bespiegeling aanwakker en ongegronde gerugte versprei.