# Die organisasie Charity Begins With Me het sy jaarlikse Mussie-veldtog vanjaar vroeër begin om warmte vir behoeftige kinders te voorsien. Dit volg op Johannesburg se mistroostige weer, met weke van reën en koue nagte. Die stigter van die organisasie, Stephen Ferreira, sê hulle begin gewoonlik eers in Junie met die verspreiding, maar vanjaar wil hulle teen die einde van April begin. Hulle verwelkom die skenkings van wol en mussies wat in Fairland, Johannesburg, gedoen kan word of met PUDO.
Jaarlikse Mussie-veldtog begin vroeër om koue teen te werk