Skip to content

IVP vra deeglike ondersoek na noodlottige busongeluk in Limpopo

# Die IVP vra ʼn omvattende ondersoek na die busongeluk waarin 42 mense, insluitend sewe kinders, Sondag op die N1 buite Louis Trichardt in Limpopo dood is. Meer as 30 ander is beseer. Die meeste passasiers was Zimbabwiese en Malawiese burgers wat van die Oos-Kaap op pad was na Harare. Die IVP sê wetstoepassingsowerhede moet vasstel of die bus padwaardig en veilig was, en alle verkeers- en vervoerregulasies nagekom het. Die party dring aan op aanspreeklikheid op alle vlakke.