# ‘n Nuwe Ipsos-opname toon Suid-Afrikaners is verdeeld oor die kwessie of swart ekonomiese bemagtiging moet voortgaan. News24 het die opname aangevra. Daar is bevind 44-persent wil hê die regering moet voortgaan daarmee, terwyl 36-persent dink dit moet gestaak word. Steun is hoër onder swart Suid-Afrikaners op 46-persent en wit deelnemers ondersteun die beëindiging van SEB. Meer as die helfte van ANC- en EFF-kiesers steun SEB, terwyl DA- en VF Plus-kiesers dit meestal verwerp. Talle deelnemers glo SEB vertraag ekonomiese groei, maar jonger en meer opgeleide mense ondersteun dit steeds.