Skip to content

Internasionale Vroue-in-Ingenieurswese-dag vier die talent van vroue-ingenieurs

# Vandag is Internasionale Vroue-in-Ingenieurswese-dag wat die prestasies van vroue-ingenieurs en hulle bydraes tot die vorming van die wêreld vier. Die dag benadruk ook die belangrikheid van insluiting en moedig meisies en vroue aan om loopbane in ingenieurswese te volg. Volgens die 2023 Wêreldverslag oor Geslagsgapings verteenwoordig vroue slegs 29,2-perent van die wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde werksmag. Die Vroue-ingenieursvereniging sê sy vier ook maatskappye wat groot vordering maak in die skepping van ‘n meer diverse en geslagsgelyke nywerheid.