Skip to content

Internasionale voedselstelsel beter voorbereid vir “super” El Niño

# Landboukundiges sê voedselstelsels is beter toegerus om die gevolge van ‘n moontlik ernstige El Niño-weerverskynsel te hanteer danksy voedselvoorrade wat naby rekordvlakke is, verbeterde landboutegnologie en sterker uitvoerders. Hul sê vooruitgang in droogtebestande gewasse, besproeiing, moderne boerderytegnieke en weersvoorspelling versterk die sektor se vermoë om uitdagende toestande die hoof te bied. Kenners waarsku egter droogtes, kunsmis-tekorte en geopolitieke ontwrigtings kan later vanjaar en tot volgende jaar steeds druk plaas op voedselvoorrade en voedselpryse.