# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Energieontwikkelingsinstituut sê die regering kan die Onteieningswet gebruik om grond te bekom vir die uitbreiding van sy transmissienetwerk. Die hoof van die sekretariaat, Sampson Mamphweli, het tydens die Energie-indaba in Pretoria gesê onderhandelings met grondeienaars lei dikwels tot oordrewe koste wat projekte vertraag. Hy sê die Wet laat onteiening toe as onderhandelings misluk om die uitbreiding van 14-duisend-kilometer nuwe lyne te verseker wat benodig word vir die integrasie van hernubare energie en vir Suid-Afrika se billike energie-oorgang.
Instituut sê regering kan Onteieningswet gebruik om grond vir uitbreiding van transmissielyne te bekom