# Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het die wetlike en operasionele raamwerke gefinaliseer wat nodig is om China se tydelike nul-tariefskema vir kwalifiserende Suid-Afrikaanse uitvoere te administreer. Die Asiatiese land het in Februarie vanjaar aangekondig dat hy die nul-tariefbeleid met Afrikalande met wie hy diplomatieke bande het, gaan instel. Die SAID-kommissaris, Johnstone Makhubu, sê hulle sal van vandag af begin om Reëls van Oorsprong-sertifikate uit te reik, wat uitvoerders toelaat om oorsprong te bewys en die tariefvoorkeur onmiddellik te eis. Hy het bygevoeg nie alle produkte wat na China uitgevoer word, sal outomaties vir die nul-tarief kwalifiseer nie.
Inkomstediens finaliseer Chinese nul-tariefskema