# Die Energie- en Infrastruktuurbeleggingsforum is in Johannesburg onderweg en bring belanghebbendes byeen om Afrika se energie-, infrastruktuur- en ekonomiese ontwikkelingsbehoeftes te bespreek. Sprekers sê slim vennootskappe word benodig om projekte beleggersgereed te maak en beleggings te lok. Die forum fokus ook op kritieke minerale en streeksintegrasie. Die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika sê infrastruktuurprojekte moet doelbewus klein, medium en mikro-ondernemings in die waardeketting insluit, terwyl plaaslike vervaardiging, nywerhede en werkskepping bevorder word.
Infrastruktuurforum fokus op belegging en KMMO-deelname