Skip to content

Inflasie bly bestendig op 2,8% in Mei, maar voedselpryse styg steeds [KLANK]

# Statistiek Suid-Afrika sê inflasie het laasmaand onveranderd op 2,8-persent gebly ten spyte van stygende voedselpryse. Die grootste faktor was ‘n 1,1-persent verhoging vir die maand in voedselpryse en nie-alkoholiese drankies. Die prys van beesvleis styg steeds as gevolg van die bek-en-klouseer-uitbreking, met biefstuk wat 4,5-persent in Mei gestyg het. Ricado Johnson van Statistiek SA sê mieliemeel en groente het noemenswaardige stygings getoon, met beet wat op ‘n jaargrondslag met 64-persent gestyg het:

AFR JohnsonOnMayInflation