# Die wêreldwye leier in mobiliteit, inDrive, gaan meer as 400 vroue-bestuurders in Kaapstad aanstel in ‘n poging om geslagsgelykheid in die e-taxibedryf te bevorder. Die projek is tydens Internasionale Vrouemaand van stapel gestuur en het ten doel om ekonomiese geleenthede vir vroue te skep en voorsiening te maak vir die aanvraag na vroue-bestuurders. Navorsing dui aan meer as 80-persent van die passasiers verkies vroue-bestuurders. inDrive se verteenwoordiger in SA, Ashif Black, het aan TechFinancials gesê die skuif sal werkstoegang en pendelaarskeuse verbeter.
inDrive gaan meer as 400 vroue-bestuurders in Kaapstad aanstel om gelykheid te bevorder