# Die Internasionale Monetêre Fonds het Suid-Afrika se geprojekteerde groei in bruto binnelandse produk vanjaar weens die Midde-Oosterse konflik tot slegs een-persent verlaag. Voor die oorlog uitgebreek het, was die IMF se voorspelling 1,4-persent. Suid-Afrika maak staat op ingevoerde brandstof, onder meer van lande wat weens die ontwrigting van skeepvaart in die Straat van Hormoes nie kan handeldryf nie. Die land se verwagte groei is die laagste onder opkomende markte en ontwikkelende ekonomieë.
IMF verlaag Suid-Afrika se groeivooruitsigte te midde van Midde-Oosterse konflik