# Die Internasionale Monetêre Fonds sê Suid-Afrika herstel sy fiskale geloofwaardigheid ondanks geopolitieke gevare, maar moet ekonomies vinniger hervorm om belegging en groei te bevorder. Ekonomiese groei staan vanjaar op een-persent, wat 0,2-persent laer is as die Tesourie se vooruitskatting. Die fonds voorspel dat die verhouding tussen skuld en bruto binnelandse produk die volgende vyf jaar sal bestendig. Tidiane Kinda van die IMF sê om die groeikoers op vier-persent te kry, moet Suid-Afrika vinnig hervormings instel om meer privaat belegging in kragopwekking en logistiek te lok.
IMF sê Suid-Afrika moet ekonomies vinniger hervorm om groei te bevorder