# Universal se nuwe weergawe van How to Train Your Dragon is die tweede naweek nommer een by Noord-Amerikaanse loket. Sony se zombie-riller, 28 Years Later met Jodie Comer en Ralph Fiennes in die hoofrolle, het sy debuut op nommer twee gemaak met Disney en Pixar se intergalaktiese avontuurfliek, Elio, in die derde plek. Die Disney-fliek Lilo and Stitch is vierde in sy vyfde naweek terwyl A24 se romantiese komedie, Materialists, die topvyf voltooi.
How to Train Your Dragon bly nommer een by loket in Amerika