Skip to content

Hongarye meld Afrika-varkpes die eerste keer in mak varke aan

# Hongaarse owerhede het die uitdunning van drie-duisend varke gelas nadat Afrika-varkpes die eerste keer in mak varke aangemeld is. Die Nasionale Voedselketting-veiligheidsagentskap sê die virus, wat onskadelik is vir mense maar hoogs aansteeklik en dodelik vir varke, is op ‘n plaas in die ooste van die land aangemeld. Afrika-varkpes het van Afrika na Europa en Asië versprei en honderde-miljoene varke het gevrek, wat tot handelsbeperkings gelei en wêreldwye vleismarkte beïnvloed het.